Wanneer Asem Lug Word

Onlangs het ek “When Breath Becomes Air” deur Paul Kalanithi gelees. Meneer Kalanithi was ‘n neurochirurg, en is toe gediagnoseer met longkanker. Die tipe kanker wat ‘n doodsvonnis is.

Die boek gaan oor hoe Kalanithi medies studeer, sy vroeë en latere dae in hospitale, die druk waaronder sy passie vir Medici hom en sy verhouding met sy vrou sit. Verder vertel hy van sy obsessie om die lewe, en daarmee saam die dood, te verstaan – en natuurlik, hoe hy later die geleentheid kry om van aangesig tot aangesig kom met dít wat hy probeer ontsyfer – terwyl sy verstand nog redelik helder is.

Stories wat hy vertel oor wat “agter die skerms” in hospitale aangaan, het my nekhare laat rys, maar het ook vir my ‘n vreemde simpatie met mense in sy skoene ( dokters, nie kankerlyers nie) gegee. Ek vertrou die meerderheid van dokters nie so ver as wat ek hulle kan gooi nie, en dinge wat hy vertel, maak nogal sin. Nou is dokters meer én minder mens as wat ek voorheen gedink het. Maar ek dwaal van die punt af.

Eintlik is die boek filosofies. Dit vra vrae oor die lewe en dood, en gee antwoorde wat meer vrae by die leser skep. Van kleintyd af, het die dood my so bietjie gefassineer – en hierdie boek het daardie itch gescratch. Kalanithi sê dinge soos dat ‘n dokter ook moet besluit wanneer om ‘n pasiënt te behandel, en wanneer is dit tyd om te laat gaan. Net omdat hy iemand aan die lewe kan hou, beteken nie hy moet nie. En dit vra die vraag, wanneer is dit “lewe” vir die pasiënt? As iemand nooit weer kan praat, lees, kommunikeer op enige vlak nie – is dit lewe? Die rule of thumb is nee, dis nie die moeite werd om iemand aan die lewe te hou as daardie deel van die brein beskadig is nie. Ons is tropdiere, wat is ons sonder kommunikasie?

Maar sonder die eenvoud van die rule of thumb – wat as ‘n musikant nooit weer kan speel, sing of hoor nie? Wat as ‘n atleet nooit weer kan hardloop nie – as ‘n chirurg nooit weer naby ‘n teater kan kom nie? Wat as jou man en kinders dood is in dieselfde ongeluk wat van jou ‘n parapleeg maak? Wat as jy nooit weer kan asem haal sonder ‘n masjien wat jou longe op- en af-pomp nie? Party vrae is vir my, wie nie ‘n chirurg is nie, wie nie ‘n noot kan hou nie, wie nie vir die atletiekbaan gemaak is nie, ‘n maklike “ja, natuurlik wil ek lewe, dan doen ek mos net iets anders.” Maar as my man en toekomstige kinders weg is, as ek vasgevang in ‘n bed is met slegs my verstand as vermaak, sal ek verkies om eerder te gaan na waar my hart regtig is. En dit is wanneer die dokter veronderstel is om sy pasiënt te leer ken – en te weet wat om te maak in so situasie. Nie dat dit realiteit in ons land is nie – ons dokters hou te veel van ons medies uitput. Kalanithi het ook op ‘n punt besluit dat ‘n ventilator net sy lyding gaan verleng – hy wil eerder in die bed met sy dogtertjie in sy arms en sy familie rondom hom weggaan. Wie is ons om hom te ontneem van ‘n vredevolle dood? Wie is ons om te sê wanneer lug nie meer asem is vir hom nie -wanneer lewe betekenis verloor het?

Met al die bogenoemde in gedagte, asook die onlangse afsterwe van my man se tannie as gevolg van nalatige, privaat mediese sorg (gewag tot blindederm bars voor hulle opereer, toe die derm aan die maagwand vasgewerk, toe nie behoorlik skoongemaak nie) – is my ouma (90) en my oupa (97) se lywe besig om in te gee. En ook my pa se Alsatian se lyf, wat hierdie jaar 17 word.

Die arme hond kan nie meer haar maag beheer nie, en is te swak om lekker op die been te kom as sy eers haar lê gekry het. Dit maak my ma moedeloos om haar so te sien ly, maar nóg sy, nóg my pa wil haar uit haar ellende sit. Toe ek my ma uitvra daaroor, bars sy in trane uit, en sê dit voel vir haar asof my ouma en oupa dit nie gaan maak as Jess dit nie maak nie. En ek vermoed my pa voel dieselfde.

My oupa het opsitte, opstote en allerlei strekoefeninge gedoen, voordat hy die tuin gaan verdrink het en dan ontbyt gaan eet het – tot en met ‘n jaar terug. My ouma het so vinnig beweeg, dat haar kleinkinders skaars kan byhou – tot en met ses maande gelede. My oupa het veelvoudige, klein hartaanvalle gehad, en my ouma ‘n klein beroerte. Nie een van hulle se harte werk meer lekker nie, en die wisselende temperature in Gauteng die laaste paar weke veroorsaak dat hul reeds oorwerkte harte ‘n groter poging moet aanwend om die bloed deur hulle are te kry. As dit warm is, vergroot die are en meer bloed moet deur die are in dieselfde hoeveelheid tyd gepomp word. As dit koud is, vernou die reeds verstopte are, en die hart sukkel om genoeg bloed deur te stoot. Hulle lywe suffer. En a healthy body, healthy mind – nie een van die twee oumense sien meer kans nie.

My ouma weier om weer dokter toe te gaan – ooit. Hul voltydse verpleër & my ouers het my ouma se lewe by ‘n haarlengte gered in Julie, en weer in Desember. Nou sê my ouma ons moet haar eerder laat sterf as haar ooit weer hospitaal toe neem. My oupa vra deesdae self om dokter toe te gaan as hy sleg voel – wat een maal ‘n week is. My ouers ken nou al die pille en die simptome wat dit behandel, en kan met die hulp van ‘n klein hartklop masjien, ‘n klein bloeddruk masjien, ‘n klein hartritme masjien & 10 ander klein masjiene bepaal watter medikasie ‘n groter of kleiner dosis van nodig is. Drie uit vier keer kon hulle hom laat beter voel, maar omtrent elke maand of twee is dit terug dokter of hospitaal toe, waar hulle sy medikasie fyner aanpas, en sê hulle kan niks vir hom doen nie.

Saam met die gedagtes wat When Breath Becomes Air geplant het, kan ek nie help om te wonder hoe lank ons my ouma en oupa en Jess se lewe net-net moet red om hulle sodoende naby ons te hou nie. My oupa se verstand is nie meer daar nie, en my ouma s’n haal syne vinnig in. Ons moes vier keer vir hom verduidelik dat daar klappers op die tafel is, omdat dit Kersfees is, of dit die Kersboom daar is, want dis Kersfees. Hy slaap omtrent 20 ure van ‘n dag om, en geniet nie meer die tuin, kos, blokkiesraaisels of enigiets nie. Dieselfde met my ouma – sy wil nie loop nie, nie bad nie, nie hekel of lees nie. Al hul passies het weggesmelt in die niet. Hulle lewe slegs vir mekaar.

Husband-comforting-wife-i-008

-Source

Die oomblik wat ons te laat is om een van hulle te red, gaan die ander een in baie min tyd volg. En ek sien amper-amper uit daarna. Dit laat my aaklig voel – asof ek wens hulle gaan dood – maar wat ons hulle forseer om te doen nou, is nie wat hulle as “lewe” sal beskou nie. As dit nie vir die voltydse verpleërs was nie, wat hulle in- en uit- rolstoele tel en rondbeweeg nie, was hulle bedlêend. Daar is nie meer pret in die lewe nie. Ek sal eerder langs twee grafte staan en weet hulle stap hand-aan-hand êrens in ‘n park wat net hulle kan onthou, as om hulle so te sien wegkwyn.

Advertisements

2 thoughts on “Wanneer Asem Lug Word

  1. Eerder vry en verlos van hierdie wêreld se pyne en poef as siek en seer en heeltyd op die punt om dood te gaan.

    Let them go. En help die hond uit sy lyding uit, so gou moontlik. Dis ook vir hulle vernederend om nie meer beheer te hê nie, net soos vir mense. En verlos sy pyn.

    En nee, menz praat nie sommer net nie, menz se diere word almal BAIE oud en moes al almal oor die brug gehelp word sodat hulle lyding verlos kan word. Dis waarom die menz as “baas”, die leiding moet neem. Menz huil gewoonlik die hele boks tissues van die veearts uit in die proses en pop dan na die tyd uit die kamertjie met sulke nat tissue wolke op menz se gesig.

    Like

    1. Dis baie braaf om daar te wees elke sekond voor die dier oor die brug gehelp word – ek hoop om dieselfde vir al my diere te doen! Maar hierdie is my ouers se besluit, en ek doen my bes om hulle te oortuig :(. Hulle verleng nie net Jess se suffering nie, maar mens verstaan hulle is ook stukkend

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s