Maand Twee

Vir die eerste keer ooit werk ek nou twee maande by ‘n plek waar my man nie werk nie, waar ek niemand ken nie en waar ek alleen voetspore kan maak. Soos ek in die vroeër stories geskryf het: dit was nie ‘n maklike twee maande om te oorleef nie. Ek hou van situasies waar ek moet leer swem of verdrink, maar die eerste maand het ek baie ver van enige water rondgedwaal. Insluitend die ingewikkelde water dispenser in die middel van die kantoor vloer. Almal hier is ouer en van ander kulture, en ek sukkel steeds om met hulle te konnekteer.

Maar, rondom die einde van Maand Een het hulle my uit eindelik laat swem, en ek doen lieflik goed. Al is hulle ‘n klomp onpersoonlike brommers, hulle herken goeie werk en dit word êrens in ‘n leer aangeteken en affekteer (blykbaar) bonusse. Dit sal ek nog moet bevestig, maar die baie publieke erkenning van harde werk is ‘n aangename verandering van hoe dinge by al die vorige plekke gewerk het (gebeur maar seker as mens baas is)

Hulle het ook allerhande tradisies – (on)gelukkig is meeste daarvan eetbaar, maar dit laat ons gekontrakteerde mense baie spesiaal voel. Op betaaldag kry almal ‘n sjokolade, as iemand lus is vir donuts en dit op die Whatsapp groepie stuur, word donuts binne 20 minute afgelewer. Ons het gekla dat die ingewikkelde koffie-masjien se koffie hondsleg is (dis nie te sterk of te flou of iets normaal nie, dis net sleg) – die volgende dag word ‘n Nespresso masjien afgelewer met genoeg koffie vir 2 jaar. As iemand verjaar of swanger is, word geld ingesamel en partytjies gehou. Ook dinge wat nooit in die piepklein maatskappye gebeur het nie.

Al hierdie goed laat my natuurlik super oulik voel, en wanneer ek ‘n rowwe dag gehad het, vat dit nie lank om weer bederf en benodig te voel nie. Die gevoel dat ek ‘n verskil maak is verslawend! Vriende en familie maak oor naweke op vir die allenigheid, en die ander helfte van die tyd is ek in elk geval te besig om alleen te voel.

Die min verkeer – 30 minute in vergelyking met die vorige 2 ure- die relatiewe kort ure – 8.5 in plaas van 12 – saam met die waardering, erkenning, verassings en tradisies is nie ‘n slegte ruil vir die vorige kameraderie nie – al mis my hart my vorige mense.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s