2018 – ‘n Poop Emoji

Vandat Whatsapp “emojis” gerieflik gemaak het, en mense die simpel prentjie vir ondenkbare redes die wêreldwye web instuur, het die poop gesiggie my verwar. Meer so, toe bruin pantoffels, skilderye, kussings en selfs tattoos daarvan verskyn… Hoekom op dees aarde wil enigiemand iets met dit te make hê?

-Source                                                                                                      Source-

Lize vertel my van ‘n podcast waarna sy geluister het, waar die persoon vertel het van hul gunsteling Kersfees-tradisies; hulle het nooit kersversierings gekoop nie, maar elke gesinslid het jaarliks een tierlantyntjie saam gaan kies. Iets wat die jaar verteenwoordig, iets waarna hulle oor 10 jaar kan terug kyk, en steeds onthou hoekom hulle dáárdie glasbol, beeldjie, ster, watokal gekies het. ‘n Trip down memory lane, elke jaar wanneer die kersboom opgeslaan word. Dis nie iets waarin ek en manlief belangstel nie (ons het ‘n boek met die asemrowende dae van die jaar in, wat ons Oujaarsaand lees), maar mens kan nie help om te wonder wat jy sou koop vir 2018 nie. En net daar, kry die poop emoji nuwe betekenis. Hierdie was een groot, vet poop-emoji jaar. As ek moes, sou ek ‘n poop-gesiggie op die kersboom hang.

149214

-Source

2018 was ‘n gesukkel om goeie werk te kry, die dood van ‘n heeltemal te jong familielid, ure in hospitale, stuiptrekkings a.g.v. swak mediese sorg deur privaat dokters, sussies wat op skool geboelie word, ‘n klein motorongeluk, sibbe-gevegte, familie wat swaar kry, ensovoorts. Ek is ‘n positief-realistiese persoon – ek weet die “goeie goed” is slegs daar as jy daarvoor soek, maar hierdie jaar was een terugslag op die ander, en ons familie as ‘n geheel sien uit om 2019 in te wag nie.

09-08-17-poop-emoji-cupcake-2000x1045

-Source

Ons hou daarvan om te spot dat slegte dinge in drieë kom – en ons het hoopvol geraak toe die derde ding in Maart gebeur, en moed verloor teen Julie, waar dit gevoel het of alles gelyk met almal rondom ons gebeur. Teen September het ons weer onsself reggeruk, en die beste gemaak van wat gebeur – iets wat heel orraait vir ons uitgewerk het, maar dit keer nie ons harte om te bloei vir my skoonma wat haar suster verloor het nie, of vir my ma wat my 96-jarige oupa 20km ver ry om vir my Ouma in die hospitaal te kan kuier nie. Dinge waaraan mens nie veel kan doen nie.

So 2019, ons wag vir jou!

PS: Eintlik is dit sjokelade roomys…

poop_emoji_ice_cream_shirt_og2

Source-
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s